Quantcast
Channel: Boeke – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 17

Binnekort hier: Harry Potter and the Cursed Child

$
0
0
Harry potter and the cursed child

 

Harry Potter and the Cursed Child is J.K. Rowling se nuutste briljante aanbieding. Die wêreld was in afwagting op hierdie teks, wat gegrond is op ’n oorspronklike nuwe storie deur Rowling, Jack Thorne en John Tiffany. Die Weseinde-vertoning open op 30 Julie 2016 by die Palace-teater in Londen, Engeland, maar dis nie ’n verrassing dat die res van die wêreld ook in die aksie wil deel nie.

Die nuwe uitreiking gaan oor die eerste terugkeer na die wêreld van Hogwarts, Quidditch, hekse en towenaars sedert Harry Potter and the Deathly Hallow van 2007 en volg die wel en wee van die ou vriende Harry, Ron en Hermione en die uitdagings van ’n volwasse lewe wat hulle aanpak ’n volle 19 jaar ná die gebeure van die laaste boek.

Ter ere van die geleentheid is daar 5 dinge wat jy waarskynlik nie van Harry Potter geweet het nie.

1. Harry Potter is die boekreeks wat die beste verkoop en die fliekreeks met die naashoogste opgetekende loketinkomste van alle tye, met meer as 500 miljoen kopieë wat verkoop is en bykans $8 miljard wat by die loket verdien is.

2. In die toneelstuk in Weseinde word Hermione Granger se karakter deur die Swazilandse aktrise Noma Dumezweni vertolk.

3. Die vertoning het ’n rekord by Weseinde behaal toe 175 000 kaartjies in 24 uur verkoop is.

4. Michael Jackson het Rowling een keer genader om ’n musiekspel te skep wat op die boeke gegrond is, maar sy het dit van die hand gewys.

5. ’n Nuwe fliek gegrond op een van J.K. Rowling se bybehorende Harry Potter-boeke, Fantastic Beasts and Where to Find Them, sal in November vanjaar uitgereik word.

Jy kan Harry Potter and the Cursed Child Parts I & II nou vooraf bestel by Takealot.com vir R239 (ons het vir jou die beste prys in SA gekry!). As jy voor 28 Julie bestel, is jy deel van ’n trekking om die volledige Harry Potter-versameling ter waarde van R1 437 te wen.

The post Binnekort hier: Harry Potter and the Cursed Child appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 17

Latest Images